Fyn motories
'n Kind se vermoë om die klein spiere in sy vingers en hand te gebruik om voorwerpe te manipuleer of beheer.
'n Kind se vermoë om die klein spiere in sy vingers en hand te gebruik om voorwerpe te manipuleer of beheer.
Waaraan werk ek?
Bilaterale koördinasie:
Vermoë om altwee hande saam te gebruik.
In-hand manipulasie:
Vermoë om objekte in een hand te manipuleer.
Spierversterking:
Klei: Maak verskillende beeldjies met klei en laat dit droog word. Laat u kinders eers teken wat hulle wil ontwerp om die aktiwiteit langer uit te strek.
Playfoam is 'n goeie alternatief vir klei. Dit is maklik om skoon te maak en sal nie aan klere of die mat vasplak nie.
Vind resepte vir klei: https://www.thoughtco.com/modeling-clay-recipes-604165
Leerders kan met rekkies speel en verskillende vorms daarmee maak. Hulle kan ook gebruik word om vingerspiere te oefen soos in die onderstaande video.
Aktiwiteite wat druk vereis kan ook gebruik word soos gom of glitter kunswerke.
Lego bou waar dele teen mekaar gedruk moet word is ook 'n goeie aktiwiteite.
Sny werk: Kunsaktiwiteite kan soms duur wees. Gebruik voorwerpe wat klaar in die huis is en laat leerders dit op sny. Ou pap bokse, toiletrolle, plastiek bottels(toesig is benodig vir skerp kante) of strootjies. Hierdie items kan gehou word vir 'n kuns aktiwiteit later of weggegooi word na die tyd.
Vir ouer kinders kan patrone op die voorwerpe geteken word. Leerders sukkel gewoonlik met curves of diagonale lyne.
Laat leerders help met skoonmaak. Plaas sponse en waslappe in emmers of in die wasbak en vra vir u kind om van die water uit te druk voor hulle die kaste afvee of skottelgoed was. Waslappe of sponse kan ook gebruik word vir 'n speletjie byvoorbeeld om te kyk wie kan eerste die water van een emmer na 'n ander kry.
Kuns aktiwiteit:
Tissuepapier
Opsie 1:
Wat het jy nodig?
· Tissuepapier
· Wit skool gom
· Kleursel of waterverf
· Prent van jou keuse (geteken of gedruk).
· Tweezer (opsioneel)
Stappe:
1. Druk of teken die buitelyne van enige skets of voorwerp wat u kind wil maak.
2. Skeur die tissuepapier in klein stukke en plaas dit in verskillende bakkies. Die hoeveelheid bakkies sal afhang van hoeveel kleure jy wil maak.
3. Meng nou bietjie skool gom en kleursel saam met elke bak en druk die tissuepapier daarin. Druk enige onnodige water uit.
4. Smeer gom op die prent. Plak dan die tissuepapier op die skets en gee dit kans om droog te word. U kind kan hulle hande gebruik om te plak of ‘n tweezer om die werk moeiliker te maak.
Opsie 2
Wat het jy nodig?
· Tissuepapier
· Wit skool gom
· Kleursel of waterverf
· Prent van jou keuse (geteken of gedruk).
· Tweezer (opsioneel)
· Pipet
Stappe:
1. Druk of teken die buitelyne van enige skets of voorwerp wat u kind wil maak.
2. Skeur die tissuepapier in klein stukke en plak dit op die skets wat u gekies het. U kind kan met sy hand plak of die tweezer gebruik vir ‘n moeiliker werk.
3. Meng die kleure wat u wil gebruik. Dit kan waterverf of kleursel met water gemeng wees.
4. Suig ‘n bietjie van die water mengsel in die pipet en drup dit stadig op die tissuepapier. Jy wil hê die tissuepapier moet die kleur opsuig maar nie te nat word dat jou papier skeur nie.
Wenke: Meng eerder meer kleur en minder water sodat die kleur mooi wys. U kan die prent op dikker karton teken of dit daarop plak sodat dit nie vinnig skeur nie. Leerders kan selfs die tissuepapier in balle rol om die werk nog verder uit te rek. Die tweezer en pipet is opsioneel en is glad nie nodig nie maar kan ure se lekker aktiwiteite verskaf. Lees gerus verder oor ander aktiwiteite deur op die skakels te kliek.