Fyn motories
'n Kind se vermoë om die klein spiere in sy vingers en hand te gebruik om voorwerpe te manipuleer of beheer.
'n Kind se vermoë om die klein spiere in sy vingers en hand te gebruik om voorwerpe te manipuleer of beheer.
Waaraan werk ek?
Bilaterale koördinasie:
Vermoë om altwee hande saam te gebruik.
In-hand manipulasie:
Vermoë om objekte in een hand te manipuleer.
Spierversterking:
Klei: Maak verskillende beeldjies met klei en laat dit droog word. Laat u kinders eers teken wat hulle wil ontwerp om die aktiwiteit langer uit te strek.
Playfoam is 'n goeie alternatief vir klei. Dit is maklik om skoon te maak en sal nie aan klere of die mat vasplak nie.
Vind resepte vir klei: https://www.thoughtco.com/modeling-clay-recipes-604165
Leerders kan met rekkies speel en verskillende vorms daarmee maak. Hulle kan ook gebruik word om vingerspiere te oefen soos in die onderstaande video.
Aktiwiteite wat druk vereis kan ook gebruik word soos gom of glitter kunswerke.
Lego bou waar dele teen mekaar gedruk moet word is ook 'n goeie aktiwiteite.
Sny werk: Kunsaktiwiteite kan soms duur wees. Gebruik voorwerpe wat klaar in die huis is en laat leerders dit op sny. Ou pap bokse, toiletrolle, plastiek bottels(toesig is benodig vir skerp kante) of strootjies. Hierdie items kan gehou word vir 'n kuns aktiwiteit later of weggegooi word na die tyd.
Vir ouer kinders kan patrone op die voorwerpe geteken word. Leerders sukkel gewoonlik met curves of diagonale lyne.
Laat leerders help met skoonmaak. Plaas sponse en waslappe in emmers of in die wasbak en vra vir u kind om van die water uit te druk voor hulle die kaste afvee of skottelgoed was. Waslappe of sponse kan ook gebruik word vir 'n speletjie byvoorbeeld om te kyk wie kan eerste die water van een emmer na 'n ander kry.
Kuns aktiwiteit:
Toiletpapier kunswerk
Opsie 1:
Wat het jy nodig?
Toiletpapier rol
Gom
Karton
Verf
Opsie 2
Wat het jy nodig?
Bone (Makro vir R18 vir 500g) sal omtrent so drie kleure kan maak.
voedsel kleursel
sterk gom
Buitelyne van prent
karton of papierbord
Stappe:
1. Teken enige prent se buitelyne op 'n dik stuk karton of papierbord.
2. Gooi een koppie bone in 'n zip lock sakkie saam met so 15 tot 20 druppels voedsel kleursel en 1 teelepel vinegar. Maak die sakkie toe en skud die sak om te meng.
3. Gooi die bone uit op 'n bakplaat wat met bakpapier bedek is om droog te word. Maak seker die bone is een laag.
4. Die bone moet dan staan vir so 5 ure tot 'n dag.
5. As dit droog is kan u kind begin plak op sy skets.
Wenk: Onthou ons soek net die buitelyne nie klein prentjies nie. Die bone is groot en gaan daai gedeeltes toe maak.
Gaan bo-oor die potlood met dik koukie sodat die lyne duidelik sigbaar is.