Die brein se vermoë om te interpreteer wat die ore hoor. Dit bestaan uit verskillende komponente wat almal saam werk om die informasie duidelik te maak.
Waaraan werk ek?
Kliek op die prent om meer oor elke afdeling uit te vind.
Ouditiewe sintese en analise
Oefen spelwoorde.
sintese: om klanke bymekaar te sit. Sê die klanke in die woord en vra u kind om die volledige woord te sê.
Analise: Sê vir die leerder die volledige woord en vra om dit op te breek in die klanke. As u oneker is oor die klanke kan u 'n video daaroor kyk.
Aangeheg is 'n skakel na 'n oulike boek met 'n klomp ouditiewe aktiwiteite. Dit verskaf ook materiaal wat maklik aangepas kan word deur ekstra prente te soek of die leerder se spelwoorde te vervang met die wat gegee is. Indien hierdie skakel nie werk nie asseblief laat weet my.