Perseptuele RO is addisionele hulp wat aan leerders aangebied word en fokus op die volgende areas: Fyn motories, visuele persepsie en ouditiewe persepsie. Die webblad verduidelik meer oor elke afdeling. Kliek op die skakels waaroor u meer wil uitvind.
'n Agterstand in een van die areas kan soos volg vaargeneem word:
Fyn motories: Leerders se handskrif gaan dalk onnetjies vertoon. Hulle gaan sukkel om letters korrek te vorm of op gegewe lyne te knip.
Visuele persepsie
Visuele diskriminasie: Leerders gaan sal soms sukkel om tussen eenderse letters, syfers of selfs woorde te onderskei. Byvoorbeeld 'n b en d lyk baie eenders maar verskil in die rigting waarnatoe hulle wys.
Visuele voorgrond en agtergrond: U kind sal dalk sukkel om spesifieke antwoorde in 'n begripstoets te vind. Hulle verloor hulle plek as hulle lees of raak frustreerd en oorweldig deur baie informasie op 'n bladsy.
Ruimtelike oriëntasie: Leerders wat hiermee hulp benodig skryf gewoonlik nie tussen die lyne nie, ruil letters of syfers se rigtings om en kan soms in voorwerpe vas loop of baie val.
Visuele sluiting: Dit sal byvoorbeeld 'n kind se leesspoed beïnvloed, want hulle moet elke letter uit klank in plaas van die hele woord herken.
Visuele geheue: Leerders wat hiermee sukkel sal informasie vergeet wat hulle gelees het of op prente gesien het.
Ouditiewe persepsie
Ouditiewe diskriminasie: Sukkel om die verskil te hoor tussen woorde waar net sommige klanke verskil.
Ouditiewe sintese en analise: Leerders sukkel om te spel. Kan byvoorbeeld woorde uit klank maar sukkel om dit bymekaar te sit om woord volledig te skryf.
Ouditiewe sluiting: Sukkel om te spel en klanke bymekaar te voeg asook om instruksies te volg.
Ouditiewe voorgrond en agtergrond: Sukkel om geraas of agtergrond klanke uit te skakel en verloor dus gereeld konsentrasie.
Ouditiewe geheue: vergeet wat hulle gehoor het. Leerders wat hiermee sukkel vergeet dalk informasie oor hulle leesboek of die belangrike inligting in 'n luistertoets.
Hierdie is net 'n paar maniere hoe onderwysers leerders opmerk wat hulp benodig. Leerders se onderwysers gebruik hierdie observasies en kyk ook na die leerder se werksboek om te besluit wie perseptuele RO benodig. Hulle ontvang daarna 'n brief om die sessies voor te stel. Dit bly egter u se keuse of leerders die klasse ontvang en kan enige tyd gestop word indien u dit sou navrae.
Ek wag egter vir hierdie brief voor ek kan begin om leerders te sien. Hulle word in klein groepies van 6 tydens een van hulle liggaamlike opvoeding klasse gevat. Wanneer ek hulle gaan haal word slegs genoem dat hulle vir my kuier en niks verdere inligitng word aan die res van die klas verskaf nie. Baie positiewe motiveering word in die klas gebruik. Leerders ontvang "geskenkies" wat bestaan uit klein speelgoed of lekkers nadat hulle 20 punte bymekaar gemaak het. Punte word verskaf as reëls in die klas nagekom word.
Die kinders geniet die klasse baie en die res van hulle klas vra gereeld wanneer dit hulle beurt is. Enige hulp van u kant af sal waardeer word. Leerders moet blootgestel word aan aktiwiteite wat hierdie vaardighede oefen. Die webblad verskaf 'n klomp idees en u is welkom om nog te vra indien u nog benodig.
Aan die einde van die jaar kyk ek na leerders se werk en volg ek die rubriek wat ek agter op hulle rapport heg. Die rapport gaan tydens die 2de en 4de kwartaal na u