Gebruik spelwoorde of woorde wat julle lees. Sê die woord hardop met die letters wat uitgelaat is.
As u kind sukkel sit ‘n klank op ‘n slag by. Sê elke keer die nuwe weergawe hardop. Hou so aan tot hy die woord kan raai.
Voorbeelde:
Koelappe --------- skoelappe---------- skoenlappe-----------------skoenlapper
Vugte--------------------------------------------vrugte
Outapper---------------houtapper-----------------------houtkapper
Julle kan ook sluiting doen met 'n spesifieke kategorie. Byvoorbeeld: Luister mooi watter dier is hierdie. O-ifant. is olifant Watter kleur is dit? _roen is groen
As hy/sy sukkel, kan julle die woord skyf en dan die letters inskryf soos wat julle dit byvoeg. Herhaal die oefen dan later sonder om die woord te skryf.
Nog ‘n paar voorbeelde: